Dragons verras Naka Bulle in Week 11 van Carltonbeker

articles.comments (1)

Dragons verras Naka Bulle in Week 11 van Carltonbeker, Tuks, Polisie behaal ook seges.

Week 11 van die Carlton A liga was baie voorspelbaar, maar met rugby weet mens nooit nie. Polisie het vir Harlequins maklik geklop 39-21, Tuks het Centurion laat les opsê 51-6, maar die verrassing was Dragons wat Naka Bulle gewen het, skryf Johanna de Vos.

Vroeër in die week het Polisie sy buurman Harlequins, van oorkant die straat, op ‘n koue en mistige aand met sewe drieë teenoor drie geklop. Polisie het voor halftyd vier drieë gedruk vir ‘n bonuspunt. (20-0). Met geen erkende skopper in hul midde het drie spelers pale toe probeer en gemis.

Eers toe Dillon Laubscher van die bank af opkom, het hy twee doelskoppe oorgeskop. Altesaam ses verbroude skoppe pale toe (13 punte).
Na halftyd het Polisie en Harlequins elk drie drieë gaan gedruk.
Die Poolse losskakel van Quins, Michal Kepa, het hulle drieë verdoel. Eindtelling 39-21.

Tuks het met sy goeie wen oor Centurion, nou tot eerste plek op die punteleer gevorder.
Die studente het Centurion moeg gehardloop en in die proses agt drieë gedruk. Centurion se Gaybrin Smith het met twee van sy drie strafskoope pale toe geslaag. Centurion het vroeër so goed gevaar maar sy laaste twee wedstryde baie sleg verloor. Hulle sukkel met diepte en beserings. Eindtelling 51-6.
Tuks het volgende week ‘n loslootjie en daarna die studente kompetisie USSA. Hulle sal dan die laaste twee weke van die Carlton opvang. (Week 15 en 16)

Verlede week se voorloper op die punteleer, Naka Bulle, moes hulle plek afstaan na hul verloor teen Dragons. Albei spanne het drie drieë gedruk , een verdoel, en een strafskop oorgesit. ‘n Skepskop deur Emilio Duvenhage van Dragons het die verskil gemaak. Naka is darem met ‘n bonuspunt huistoe. Eindtelling 23-20.

Polisie 39 (20). Drieë: Michael Nienaber (2), Theuns Kruger, Pieter Botha, Ian van Deventer, Hendrik van der Nest, Hennie Pieterse. Doelskoppe: Dillon Laubscher (2).
Harlequins 21 (0). Drieë: CJ de Villiers, Riaan van den Berg, Christo de Jager. Doelskoppe: Michal Kepa.

Tweedes: Polisie 32 (14-7) 7 Harlequins.
Derdes: Harlequins 29-29 Polisie.
o21: Polisie 66-7 Harlequins.
o20: Harlequins 58-0 Polisie.

Tuks 51 (27). Drieë: Theuns Reynolds (3), Frederik Eksteen (2), Jacques Rossouw, WJ Strydom, Lourens Pretorius. Doelskoppe: Marais Schmidt (2), Marcel Steyn Scholtz (2). Strafskop: Marais Schmidt.
CENTURION 6 (6). Strafskoppe: Gaybrin Smith (2).

Tweedes: Tuks-Fezelas 73 (47-7) 7 Centurion.
Derdes: Tuks-Pumas 36 (22-0) 7 Centurion.
o21: Tuks-Jongspan 114-14 Centurion.
o20: Tuks 22-12 Centurion.

Dragons 23 (15). Drieë: Robey Leibrandt, Marnus van Rensburg, Dirco Smuts. Doelskop: Emilio Duvenhage. Strafskop: Duvenage. Skepskop: Duvenhage.
Naka Bulle 20 (8). Drieë: Jean Grobler, Juan van der Westhuizen, Lawrence Cleminson. Doelskop: Jean-Pierre Alberts. Strafskop: Jean Grobler.

Tweedes: Dragons 34-19 Naka Bulle.
Derdes: Dragons 22-22 Naka Bulle.
o21: Dragons 17-17 Naka Bulle.
o20: Naka Bulle 26-17 Dragons.

Puntestand (Na 10 wedstryde) Tuks 31; Naka Bulle 30; Centurion 28;
(Na 9 wedstryde) Dragons 27; Impala 26; Polisie 19; Harlequins 6.

Meeste Punte
124 - Gaybrin Smith Centurion (3 Drieë; 17 Doelskoppe; 25 Strafskoppe)
75 - Marnus van Rensburg Dragons (11 Drieë; 4 Doelskoppe; 4 Strafskoppe)
73 - Jean Grobler Naka Bulle (3 Drieë; 14 Doelskoppe; 10 Strafskoppe)
69 - Morné Hugo Polisie ( 6 Doelskoppe; 16 Strafskoppe; 3 Skepskoppe)

Meeste Drieë
11 - Marnus van Rensburg (Dragons)
8 - Theuns Reynolds (Tuks)
5 - Justin Wheeler (Impala)
5 - Curtley Brinkhuis (Centurion)
5 - Damian van Wyk (Tuks)
5 - Bruce Müller (Impala)
5 - Ian van Deventer (Polisie)
5 - Dirco Smuts (Dragons)

Bepalings vir Saterdag Week 12:

Impala tn Naka Bulle.
Polisie tn Dragons.
Centurion tn Harlequins.
Tuks loslootjie.

Spanne:

HARLEQUINS: Kyran Odendaal, CJ de Villiers, Johan Grobler, Riaan van den Berg, Pule Sibiya, Michal Kepa, Quinten Roberts, Wiets Botes, Eugene Beukes, JP Nel, Stefan Page, Gunter Geyer, Riaan Wilbers, Jan-Hendrik Bosman, Johan Ras. Plaasvervangers: Divan Labuschagne, Armand Grobler, Dean van Heteren, André Potgieter, Johan Gericke, Christo de Jager, Flippie Volschenk, Pieter Killian. Afrigters Gert Mulder, Luddas van Deventer & Fanie Nortjé. Spanbestuurder Kobie van der Merwe.

POLISIE: Hendrik Pieterse, Pieter Botha, Theuns Kruger, Pieter Strydom, Michael Nienaber, Corné Botha, Hendrik van der Nest, Louis van Biljon, Divan Stenekamp, Ian van Deventer, Imille Keyser, Jerry Sefoko, Rayno Wasserman (k), Johan Pieterse, Jaques Malot. Plaasvervangers: Emwee Arlow, Boris van Jaarsveld, Corné Cooper, Pieter Mathews, Wynand de Sousa, Dillon Laubscher, Ivan Venter. Afrigters Nico Luus & Hendrik van der Nest. Spanbestuurder Morné Fourie.

TUKS: WJ Strydom, David Pieterse, Jacques Rossouw, Impi Visser, Chrisjan Meyer, Marais Schmidt, Carlo Engelbrecht, Willie Engelbrecht, Gerrit Engelbrecht, Frederik Eksteen, Marius Oosthuizen, Pieter Janse van Vuren, Johan Bannink, Theuns Reynolds, Justin Forwood. Plaasvervangers: FJ Binneman, Gavin van den Berg, Brian Leitch, Heinrich Viljoen, Jaco Snyman, Marcel Steyn Scholtz, Lourens Pretorius, Neethling Fouché. Afrigters Chris Buitendach & Kobus Vorster. Spanbestuurder Morris Gilbert.

CENTURION: JP du Plessis, Rendo Rust, Callie Barnard, Divan Nel, Curtley Brinkhuis, Gaybrin Smith, Jacques Olivier (k), Tristan Slabbert, Ryan Townsend, Albert Bakker, Stefan Nel, Geandré van Schalkwyk, Diaan Donson, Eugene Cunha, Nico van den Heever. Plaasvervangers: Divan Jansen van Rensburg, Paul Jacobs, Wessel Redelinghuys, Bernard Vorster, Henco van der Walt, Wilmar Keyter, Stanley Twiname, Cornel Mienie. Afrigters Riaan Brand & Marius Scholtz. Spanbestuurder Danny Botha.

DRAGONS: Emilio Duvenhage, Brandt de Klerk, Dirco Smuts, Edwin Oliver, Wildon Marsh, Marnus van Rensburg, Nico Smuts, Robey Leibrandt, Reynhardt Schutte, Luan Richardson, Francois Schoeman, Gary Bredenhann, Jaco Coetzee, Abraham Boonzaaier, Franzwa Schutte. Plaasvervangers: Leon Mentz, Peet Vorster, Hennig van Wyk, Patrick Mathe, Cor Rautenbach, Xandré van der Linde, Adriaan Oosthuizen, Anke Bam. Afrigters Johan du Toit & Rouan Cloete. Spanbestuurder Martin Vlok.

NAKA BULLE: Ayavuya Mavuso, Marcel Human, Anton Beswick (k), Alec Mhlanga, Fanie Raseroka, Jean Grobler, Donovan O’Grady, Jean-Pierre Alberts, Sibongile Njomba, Mauritz Joubert, Juan van der Westhuizen, Ramiro Fernandez Alzogaray, Lawrence Cleminson, Kyle Pieterse, Gabriel Sipapate. Plaasvervangers: Christoff Crail, Jacques Rowe, Stephan Smith, Robert Boshoff, Manny Raposo, Ganfried May, Dirk Dippenaar, Sylverster Booysen. Afrigters Kudu Oberholzer & Morné Human. Spanbestuurder Johann Riekert.

Pin It

Jun 21, 2016

(1) Dragons verras Naka Bulle in Week 11 van Carltonbeker

  1. gravatar Oom Koos says:
    Ek sien dat Warrick Gelant uit is vir die seisoen. Jan Serfontein is ook uit vir drie maande en RG Snyman is uit vir 4-6 weke . Glad nie goeie nuus vir die Bulle nie. Dit beteken dat Odendaal hopelik op senter kan oorvat met Dries op die bank. SP Marais sal nog steeds op heelagter bly maar ek sou graag vir Jessie daar wou sien. Hattingh of Potgieter kan RG se plek op slot cover.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *