Polisie en Impala in goeie oorwinnings

articles.comments (5)

Polisie en Impala in goeie oorwinnings

Polisie het in week 13 van Carltonliga verras deur Naka Bulle te klop

Saterdag is twee wedstryde in die Carlton A liga gespeel. Polisie klop verassend vir Naka Bulle 29-21 en Impala wys weer sy krag deur Harlequins 43-27 te klop, skryf Johanna de Vos.

Polisie het vriend en vyand verras deur die nommer een span Naka Bulle op dié se tuisveld in die Moot te oorwin. Nico Luus se Bobbies-span is met vyf liga-punte huis toe en laat Naka Bulle met niks uit die wedstryd agter. Laasgenoemde se uitspeel-wedstryde is ook nou afgehandel en hulle sal moet terug sit en kyk wat die ander spanne doen.

Polisie is nou in ‘n resies gewikkel vir die top vier vir die semi’s. Dragons van Pretoria Noord blaas ook hard in hul nekke.

Die wedstryd by Harlequins is wel met sewe drieë deur Impala teenoor drie gewen, maar die telling weerspieël nie wat regtig op die veld gebeur het nie. Quins het verskeie kere Impala se verdediging getroef en gaan druk of onnodige foute begaan op pad doellyn toe. Goeie, aanskoulike wedstryd.
Quins se losskakel Michal Kepa is deur Blikkies Groenewald, wat Pole afrig, terug geroep vir die land se 7’s en later nasionale span. Hy was ‘n tydelike aanwins en sy korrel pale toe was uitstekend.

Hopenlik sal die Impala kwessie voor volgende jaar opgelos word.
Dié span van Rustenburg is deel van die Carlton A Liga, maar ook nie rêrig nie – aangesien hy nie in die finaal vir die beker mag speel nie.

UP-Tuks is in Oos Londen vir die jaarlikse Ussa (University Sport South Africa) kompetisie hierdie week 4-8 Julie te Buffelo City. Tuks was verlede jaar ongelukkig om net-net in die finaal teen UJ in Johannesburg te verloor (13-14).

Polisie 29 (10). Drieë: Tinus Hoffman (2), Michael Nienaber, Ivan Venter. Doelskoppe: Dillon Laubscher (3). Strafskop: Dillon Laubscher.
Naka Bulle 21 (7). Drieë: Robin Goliath, Dirk Dippenaar, Marcel Human. Doelskoppe: Jean Grobler, Dirk Dippenaar, Francois de Jonge.

Tweedes: Naka Bulle 20-8 Polisie.
Derdes: Naka Bulle 22-7 Polisie.
o21: Naka Bulle 76-12 Polisie.
o20: Naka Bulle 40-0 Polisie (By verstek).

Impala 43 (17). Drieë: Leon du Plessis (2), Maverick van der Merwe (2), Nico Kruger, Xolani Nkosi, Cecil Dumond. Doelskoppe: Cecil Dumond (4).
Harlequins 27 (13). Drieë: André Potgieter (2), CJ de Villiers. Doelskoppe: Paul Walters (2), Michal Kepa. Strafskoppe: Michal Kepa (2).

Tweedes: Impala 88-0 Harlequins.
Derdes: Harlequins 41-0 Impala.
o21: Harlequins 26-22 Impala.
o20: Harlequins 22-21 Impala.

Puntestand: Impala 36; Naka Bulle 32; Centurion 32; Tuks 31; Polisie 28; Dragons 27; Harlequins 6.

Meeste Punte
140 - Gaybrin Smith Centurion (3 Drieë; 19 Doelskoppe; 29 Strafskoppe)
81 - Jean Grobler Naka Bulle (3 Drieë; 18 Doelskoppe; 10 Strafskoppe)
77 - Cecil Dumond Impala (2 Drieë; 23 Doelskoppe; 7 Strafskoppe)
75 - Marnus van Rensburg Dragons (11 Drieë; 4 Doelskoppe; 4 Strafskoppe)

Meeste Drieë
11 Marnus van Rensburg (Dragons)
8 Theuns Reynolds (Tuks)
7 Justin Wheeler (Impala)
7 Bruce Müller (Impala)
6 Curtley Brinkhuis (Centurion)
6 Robin Goliath (Naka Bulle)
6 Maverick van der Merwe (Impala)

Bepalings (onderhewig aan verandering)

09 Julie Week 14
Polisie tn Impala; Dragons tn Centurion.
20 Julie Week 15
UP-Tuks tn Harlequins (Woensdag).
23 Julie Week 16
UP-Tuks tn Dragons.
30 Julie SEMI FINALE.
13 Aug. FINALE.

Spanne:

NAKA BULLE: Ganfried May, Alec Mhlanga, Dirk Dippenaar, Jean Grobler, Robin Goliath, Anton Beswick, Manny Raposo, Jacques Rowe, Robert Boshoff, Sibongile Njomba, Juan van der Westhuizen, Ramiro Fernandez Alzogaray, Kyle Pieterse, Christoff Crail, Sylverster Booysen (k). Plaasvervangers: Ruan Makkink, Daniel Hart, Mauritz Joubert, Corné Ras, Fanie Raseroka, Francois de Jonge, Marcel Human, Lawrence Cleminson. Afrigters Kudu Oberholzer & Morné Human. Spanbestuurder Johann Riekert.
POLISIE: Ivan Venter, Theuns Kruger, Willie Odendaal, Pieter Strydom, Michael Nienaber, Dillon Laubscher, Hendrik van der Nest, Louis van Biljon, Pieter Matthews, Ian van Deventer, Imille Keyser, Jerry Sefoko, Rayno Wasserman (k), Johan Pieterse, Tinus Hoffman. Plaasvervangers: Emwee Arlow, Boris van Jaarsveld, Divan Steenekamp, Corné Cooper, Morné Hugo, Hendrik Pieterse, Vince Gwavu, Brian Mangwe. Afrigters Nico Luus & Hendrik van der Nest. Spanbestuurder Morné Fourie.

HARLEQUINS: Paul Walters, CJ de Villiers, Johan Grobler, Kyran Odendaal, Dean van Heteren, Michal Kepa, Quinten Roberts, JP Nel, Jan-Hendrik Bosman (k), André Potgieter, Wiets Botes, Gunter Geyer, Riaan Wilbers, Divan Labuschagne, Johan Ras. Plaasvervangers: Ruan Ernst, Eugene Beukes, Herman Dannhauser, Nishalen Govender, William Parker, Cherdeon Fillies, Duval Smith, Pieter Killian. Afrigters Gert Mulder, Luddas van Deventer & Fanie Nortjé. Spanbestuurder Kobie van der Merwe.
IMPALA: Aubrey McDonald, Xolani Nkosi, Dumisani Matashana, McDonald Duma, Maverick van der Merwe, Cecil Dumond, Nico Kruger, Leon du Plessis, Justin Wheeler (k), Johan Engelbrecht, Tiaan Nel, Marius Breytenbach, Ivann Espag, Gavin Williamson, Louis Hollanby. Plaasvervangers: Wian van Schalkwyk, Bruce Müller, Neels Smit, Karel Strydom, Wayne Strydom, Dewaldt Havenga, Wayne Agosi, André Olivier. Afrigters Nico le Roux, Attie Strauss en Naas Olivier. Spanbestuurder Jan McLachlan.

Pin It

Jul 03, 2016

(5) Polisie en Impala in goeie oorwinnings

  1. Alena says:
    If you need a loan to solve your financial difficulties today, kindly inbox me now legit offers okay.
    Name:
    Amount Needed:
    Duration:
    Country
    Purposes:

    Alenaharger@yahoo.com
    Whatsapp
  2. THE ILLUMINATI MEMBERSHIP FORM, IS OUT NOW!!! ***THE NEW WORLD
    ORDER***The Illuminati is a group of massive successful entrepreneurs,
    musicians, actors, politicians and other high-ranking social place
    holders make up the Illuminati. We are taking over the world in the
    near future Imagine being able to alter your world in the areas of
    Love, Money, Career, Sexual Intimacy, Bad Karma,HIV cure, and Will
    Power!by Imagine being able to bring back lost lovers, make someone
    sexually attracted to you, bring good luck to others, lose weight,
    stop smoking, get a promotion or raise, or simply come into big
    money...Are you a BUSINESS MAN and WOMAN, POLITICIAN, ARTIST OR
    ACTRESS, STUDENT,TRADER,WORKER,WHOSOEVER YOU MAY BE and you desires
    WEALTH, INFLUENCE,FAME,POWER, PROTECTION AND CONNECTION and lot more
    join the great Illuminati today and become a full Multi billionaires
    by joining the Great Illuminati world to benefits $100,000 weekly and
    $500,000 monthly as membership blessing for becoming a member of the
    great Illuminati for more information on how to become a member

    inbox me asap
    serious minded individuals

    THANKS
    WHATSAPP +2348101333444
    SEND INQUIRIES TO vixonsilluminatipriest@gmail.com
  3. gravatar kabous 23 says:
    is dit net ek, of frusteer die pesoonlike lenings en illuminate post's op die blok ander ook. Op 'n ander trand, dink ek Piet v Zyl is tot dusver die seisoen my persoonlikke ligpunt in 'n donker jaar vir die Bulle.
    Jessie lyk swak op 13, dus tyd dat hy weer 15 toe skuif.
    Ons probleem begin egter voor. RG was ons beste speller, maar is beseer. Chiilyboy sou baie beter gewees het as backup vir adriaan as Maku. en ons kort steeds 'n goeie skrum afrigter.

    Weereens met 7 spelers wat aan die einde van die seisoen ons verlaat, weet ek nie of ons enige antwoorde het wat ons nie gehad het nie. Sonder Marchelle het ons steeds 'n vasskop probleem. Met Rudi as 1ste keuse 9 is ons steeds te lig daar. Boxkicks is nog steeds ons 1ste keuse aanvalsopsie. Ons kort steeds spoed op vluel.

    Vir volgende week hoop ek ons speel vir SP op 10 met Jessie op 15. Dries en Dan op senter, (as Jan steeds beseer is) Piet op 9 en paige in die losie.

    Ek dink ons seisoen sou baie anders verloop het as Pollard, Hatting, Stegman, gelant en Jan nie met beserings gesukkel het nie.

    Vir volgende jaar kan die bulle maar gerus vir Chilliboy terugkoop. En Hougaard sal ook 'n aanwins wees. Ons 2 losskakels kan maar van hul kontrakte laat gaan word, met Pollard, sp en 'n paar baie goeie jongmanne op die boeke. 'n goeie vasskop van Argentinia af kan dalk 'n oplossing wees, en Fourie as agterlyn afrigter, saam met nollis hoof afrigter.
  4. gravatar nitronic says:
    Kabous 23 stem saam. Op enige ander blog is daar moderators wat n oog hou op die blog en snert soos hier bo afhaal. Behalwe hier, hier kan n mens maak soos jy wil. Dis nie net die rugby wat agter uitgaan nie maar die admin ook.

    net n jammer ou Barend lag en smile die heeldag en eet hom dik aan pies.

    Nog n ding een van die dae kan die bulle se coaching span hulle eie span maak daar in daai hokkie waar hulle sit. Ek het getel daar was 6 mense een keer. Rerig wil hulle almal so graag op tv verskyn of wat? Hulle sal mooi in pas by die sirkus as hulle wil.

    Nee wat hull sal ekstra versterkings onder daai hokkie moet sit een van die dae.
  5. gravatar nitronic says:
    Sien Lood moet kies Lions of Bulle? Lood this should be a no brainer . Just look what happened to Serfontein, Strauss, JJ, Sadie, Piet van Zyl etc. Go to the Lions, Bulls will ruin your career just like they did to quite a few players.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *