Vodacom Bulls defeated in Buenos Aires, Disappointing result in poor conditions
The Jaguares picked up only their third victory of the Super Rugby season on Saturday as they beat the Vodacom Bulls 29-11 in Buenos Aires.
Pablo Matera and Agustín Creevy (2) scored the home side's three tries in the rain at Estádio Jose Amalfitani, with Piet van Zyl responding for the visitors, whose hopes of making the play-offs took a backward step.
With the Sharks losing to the Lions earlier in the day, the men from Pretoria had a chance to move into the wildcard position in Argentina.
But they were well beaten by the hosts as the gritty Jaguares better adapted to the terrible conditions to claim a much-needed victory.
The hosts led 15-6 at the break thanks to Matera and Creevy's tries with the Bulls having Francois Brummer's penalties on the board.
Brummer struck first in the tenth minute when a Jaguares player was caught offside tracking back, but Sánchez hit back soon after.
A minute later the Jaguares were over for the game's first try and it was a strong finish from flank Matera, who rolled the contact before grounding. Sánchez added the simple conversion to give the Jaguares a 10-3 advantage which, on a night like the one in question, was a healthy lead.
In the 22nd minute that cushion was increased thanks to an excellent line-out drive that saw Creevy at the tail for a 25 metres surge. This time Sánchez was off-target from the right-hand side, meaning it was a 15-3 buffer with the Bulls now desperately needing a response.
They should have closed the gap on 30 minutes but Brummer missed a simple penalty. He made no such mistake four minutes later for 15-6, which was how it remained going into the sanctuary of sheltered dressing rooms.
Sánchez crucially got the first points of the second period when he slotted a penalty after Rudy Paige made a high tackle on 48 minutes.
And when Creevy crossed for his second try, in similar style to his first, suddenly the hosts had raced into a 23-6 lead nearing the hour.
But then up stepped replacement scrum-half Piet van Zyl for the Bulls to give them hope when he fought his way over from a quick tap to make it 23-11 on 60 minutes. Despite Brummer's missed conversion, the visitors still required two scores if they were to claim the win.
It wasn't to be as errors and a superior opposition on the night led to Sánchez kicking two further penalties that wrapped up the result.
Scorers
Jaguares: Tries: Matera, Creevy (2). Conversion: Sánchez. Penalties: Sánchez (4)
Vodacom Bulls: Try: Van Zyl. Penalty: Brummer (2)
Beide ons spanne het nou al soveel verloor dat hulle maar net sowel n ander spelpatroon kan probeer en al hul wedstryde vorentoe ook verloor. Ten minste probeer hulle dan iets anders en word hulle aan die ander patroon blootgestel.
Ek vra maar net. Sal Naas Botha, Nick Mallet, Dougie Heymans(goeie skrumwerker), Brendan Venter, Balie Swart, die coach van die klein Bokkies ens nie kom raad gee as hulle gevra word nie.
As n mens na Engeland kyk is dit baie duisdelik dat n afrigter n BAIE GROOT verskil aan n span kan maak. Ek is nie n fan van Eddie Jones nie maar dit lyk my die man weet wat om te doen en hoe om n span af te rig.
Ek dink daar le n baie moeilike tyd vir ons Bulls ondersteuners voor. Ons spanne gaan nie sommer begin wen nie en Barend en trawante kan nie of wil nie die regte besluite maak nie. Daar moet verseker n prestasie klousule in die coaches se kontrakte wees. Ek kan nie sien hoe enige een van die coaches wat huidiglik daar is aan die prestasie klousule voldoen nie. Dit is nou te se as die prestasie klousule se dat die Bulle net nie heel laaste mag eindig nie.
Het die eerste helfte van die Leeus en die Sharks wedstryd gekyk. Was dit nou nie lekker om bietjie te kyk hoe ouens speel wat lus en trots het om die Leeus te verteenwoordig nie. En dit nogal met n paar weggooi Bul kinders
Ek blameer nie vir joubert nie. Inteendeel dink ek het hy nie te sleg geblaas tot op daardie stadium nie. En selfs al sou hy heeltemal eenogig vir die bulle geblaas het sou die bulle nogsteeds nie hier gewen het nie.
Afrigtingspan: Mens sou dink dat die julle die laaste 3 weke sou gebruik het om bietjie introspeksie te doen na die loesing wat ons teen die leeus gekry het en dat julle die spelers sou motiveer om met nuwe vuur te speel ,1) omdat julle die verloor teen die leeus agter julle wou sit en weer selfvertroue onder die spelers wou bou en 2) omdat die sharks verloor het en ons 'n baie goeie kans gestaan het om die uitspeelrondtes te haal. Maar nee, julle sit daar in julle boks en lyk heel tevrede met wat julle op die veld sien. Julle is duidelik met min tevrede want daar het absoluut niks op die veld aangegaan nie. Het ons ooit 'n agterlyn afrigter ??? want ek dink nie eers ons agterlyn sal 'n gaping kan slaan teen die bulle se o/13 cravenweek span nie !! En wat soek xander heeltyd in die afrigtersboks??? My magtig man mens sien nerens by ander spanne dat hulle span-kontrakteur saam met die afrigters sit nie. Kan iemand asb sy teenwoordigheid tussen die afrigters verduidelik ??! En ek het soveel hoop gehad vir Nollis Marais veral na laasjaar se curriecup wedstryde teen die wp en die leeus toe ons goeie hardloop rugby begin speel het. Hierdie jaar het ons nie eenkeer daardie spelstyl gehandhaaf nie. Hier en daar was daar tekens, maar dit het nooit langer as 4 min gehou nie. Nollis, as jy gaan misluk, gaan dan all out en misluk tenminste met durf en passie, maar moenie hierdie halfhartige-skop-jaag-en-skuinshardloop rugby opdis nie. Asb man.
Spelers: Die enigste spelers wat gisteraand gewys het dat hulle wil speel is dries swanepoel en renaldo bothma. Die res het of net-net probeer doen wat van hulle verwag word (en dit was duidelik nie veel nie) of hulle was al klaar halfpad oor die atlantiese oseaan terug suid-afrika toe. Kan iemand dalk asb ook ons rotasie beleid verduidelik ? Want ek sien nerens dat ander spanne dit regtig soos ons implementeer nie. Hoekom wil jy spelers roteer wat wys dat hulle besig is om bietjie vorm te herwin (PvZ) en hom dan ruil met 'n ou wat op sy beste dalk net 'n carlton speler is (Ja ek kyk vir jou rudi paige). En hoekom wil jy ooit in jou sleutel posisies heeltyd spelers ruil ??? Jou skrumskakel-losskakel kombinasie is jou belangrikste kombinasie, maar nee by die bulle ruil ons die spelers dat hulle elke week mekaar weer moet leer ken. En dankie marcelle vd merwe vir jou tyd by die bulle, maar ek dink jy kan solank maar frankryk toe gaan want jou kop is duidelik nie meer by die bulle nie. Brummer is meer wisselvalliger as 'n skoolkind se verskonings vir hulle swak wiskunde punte ! En en en. Daar is regtig min spelers wat iets positief kan vat uit gister se wedstryd uit.
Ek is raad op en moed op met die bulle.
Hou by Blo.. ag nee toemaaar wat
Almal het ou Frans Ludeke gekruisig en nou??????
Lag vir julle shame
Ons weet ons het seker die mees onervare afrigtingspan in die kompetisie
Ons weet ook dat ons het die mees onervare groep spelers in die reeks (vergeet nou van die Kings, hulle is nie 'n maatstaf nie)
Ons weet ook dat ons bestuur bokkerol doen om die leemtes aan te spreek - die slotte en stutte. Hierdie Argentyne het ons voorlangs vermorsel. Maar Nollis glo in "Orie" en 'n klomp ander kinders. Waarom was Jaques Potgieter nie daar nie - is hy nog beseer, of was dit 'n swak koopie ?
Ons weet as skelm Craig Joubert (beter bekend as bul hater) die ref is, begin ons altyd met 'n 10 tot 15 punte agterstand. Maar ons het met meer as dit verloor, vrotsleg. En bloubul bestuur doen weereens bokkerol aan Joubert se obsessie om die bulle altyd te benadeel. En moenie vir my prober vertel pede drolle is vye nie. Hoeveel van die laaste 20 wedstryde wat Joubert die ref was as die bulle gespeel het, het die bulle gewen ?
Die bulle is reeds by die punt waar hulle nie meer belowende spelers kan trek nie, en ook nie goeie spelers sal behou nie. Hulle gaan nou almal ander weivelde begin opsoek sodra hul kontrakte verby is.
Die curriebeker gaan net so 'n fiasco wees, daar is geen diepte nie.
Hoe gouer ons vir ons 'n ooseese span kry om te ondersteun, hoe beter. Trouens, dit geld vir alle Suid Afrikaanse ondersteuners. Kom ons gee nou maar die plaaslike component van die sport vir die regering. Sonder om te wen, sal alle finansiele ondersteuning verdwyn - borge en toeskouers en spelers. Dis 'n spiraal waar ons nie sal uitkom nie.
Mooi loop
Jacques Potgieter is nog steeds beseer.
Ons Bul ondersteuners het al in 2015 geweet ons gaan sukkel. Ons het nie goeie skurmskakels en losskakels (as Pollie beseer sou raak) in ons squad nie, en ons slotte is vanjaar in hul 1ste jaar op hierdie vlak. reserwe hakers is maar dun gesaai. Daarby het ons ietwat gesukkel vanjaar by die rucks - die lostrio het goed gespeel maar teen strawwe kompetisie met tye uitgesak. Ons groottste gesukkel was egter op nr. 10 waar nie een van Brummer of Schoeman konstant goeie vertonings kon lewer nie. Die ander losskakels in die Bulle se arsenaal, joshua Stander en Tony jantjies (wie weet wat het van Kobus marais geword?) het ook nie eens by Tuks of die CC die mas opgekom nie. Jong belownede losskakels soos Libbok en de Beer het feitlik geen kanse gekry nie.
Ons span was nooit werklik daadwerklike aanspraakmakers vanjaar nie. Tog is dit teleurstellend dat ons nie veel van 'n vegtersgees geopenbaar het teen die Argentyne nie. Die spelers het hul coach gedrop. wat wel duidelik vir my is is dat daar sekere spelers is wat vanjaar uitgesak het en dit sal die Bulle op die lang duur beloon as hulle nie weer kontrakte met hierdie spelers sal aangan nie, maar genuine vertserkings inkry. Ek gaan nie se wie ek glo hierdie pelers is nie.
Dus sal die Bulle hul huiswerk in 'n paar posisies moet gaan doen.
Nollis Marais se span het vanjaar nie heeltemal die rugby gespee wat ons voor gehoop het nie. Tog was die ulle se pak as geheel vir my in baie psigte meer effektief as verlede jaar se se span. Di espan het drie groot glye gehad: in Kaapstad, teen die ACT, waratahs en die Leeus. saterdag se gly teen die Argentyne was nie ' gly nie, dit was ons mees patetiese game vd jaar - ons het die wit vlag gehys met 'n power vertoning.
Wat egter kommerwekkend is, is Henre Maritz se CC span. Die gehalte rugby is bitter swak en ek kan nog geen verbetering sien van sy o 21 liga span na vanjaar se CC toe nie. Die BBm kan onmootnlik tevrede wees met hierdie middelmatigheid. entlik is middelmatig heltemal die verkeerde beskrwying - dit prys die Bulle onreverdiglik.
Aand die anderkant het SA rugby ook hul kant gebring om die verswakking van gehalte spanne te bespoedig met die inwerkingstelling van kwotas op afrigtings sowel as speler gebied. Om die waarheid te se, ek dink Pretoria is gatvol vir Transformasie en dit wys op die paviljoene.
En dan laastens, die bietjie hoop wat ons het om spelers te behou, het vanjaar 'n slegte knou gekry met die Rand wat so val. Dit is die grootste rede vir die Bulle se gesukkel. Ons kan nie kontinuitiet of topspelers behou met so 'n wiisselkoers nie. Die enigste rede waarom talentvolle spelers by ons gaan teken, is as hul Springbokkontrakte het.
Ek het julle mos gese die bulle gaan verloor maar julle luister nie.
Gee Nollis 'n kans, hy het 'n vyf jaar plan.
Nou vir 'n final op Ellis Park.
Jammer om te se maar Rudy Paige , Marvin Orie en Bandise Maku is nie op Super Rugby vlak nie.
As hulle dit nou nog nie kan agterkom nie dan moet hy maar kry wat hom toekom en verdien hy nie om afrigter te wees nie.
Ek weet daar moet kwotas spelers wees maar kyk na die Lions , hulle is in die moeilikheid oor hulle Kwotas maar hy kies nog die beste.Ek dink die blou bull bestuur het kla handoek ingegooi oor die kwotas en ky nou waar bring dit ons.
Ek stem saam met jou oor sekere spankeuses maar stem nie saam oor Nollis nie.Nollis kan slegs n span kies met die gekontrakteurde spelers tot sy beskikking.Die groot probeem begin by Barend van Graan wat die verkeerde besluite neem.Barend moet so gou as moontlik met pensioen gaan en eerder die ou tannies in Montana of Zambesie aftree oord gaan besig hou.Die ander probleem is Xander Janse van Rensburg wat al die spelers wat ons nodig baie maklik van hulle kontrakte vry te stel en laat gaan so het ongeveer 35 spelers die bulle verlaat en speel hul rugby by ander provinsies.Ek verwys nou nie na spelers wat hul rugby in die buiteland speel nie.Dit sal n blye dag wees as hy bedank.
Groetnis
Wat jy nie weet nie is dat Xander Nicolaas janse van Rensburg,Duan Van der Merwe asook Le Roux Roets wat ook slot speel net verlede week hul kontrakte beeindig het all drie speel nou hul rugby in Frankryk.
Al wat dus oorbly is om vir n NZ span te skree. Jammer manne maar ek gaan nou maar die Crusaders en Hurricans ondersteun alhoewel ek dink die Highlanders is dalk die span om te klop.
Totdat dinge nie drasties gaan verander op Loftus nie, gaan ons binnekort bankkrot wees. "Mark my words'
En nou kan julle maar begin slegse, my skouers is breed
Ons is in 'n gat gegrawe deur die bestuur se swak besluite en hul hou aan grou na onder, nie na bo nie.
Maar na Saterdag aand, het en ook nou besef, die probleem is nie net op bestuursvlak en afrigtersvlak nie.
Ons het ook 'n groot spelerskrisis na wat ek Saterdag aand gesien het.
Die veld was swaar en nat vir albei spanne, maar die onbeholpe swak vertoning van die spelers sê net een ding: hulle gee nie meer om nie. Speel net vir geld en om te keer dat hul beseer word. Nie die afrigters se skuld as hul 17 keer nie 'n bal wil vang nie, die Jaquars het minder as helfte laat val.
Ek gaan ook nie name noem nie, maar hier is 'n leidraad van die spelers wat swak vertoon: kyk na die spelers wie oorsee gaan speel.
Die beste Suid-Afrikaner op die veld was Joubert, behalwe vir 'n paar swak beslissings, het hy werklik goed geblaas en selfs hy het uit jammerte die Bulle in die game probeer hou, maar alles tevergeefs.
Geen meer trots, passie en durf nie. Hoe swak en 'n spot het ons geword in 'n paar jaar ?
Elke jaar dink ons dit kan nie slegter gaan nie, en dan verras die Bulle ons. En ek is bevrees dat ons bestuur klaar hul siele vir die politiek verkoop het, ons span en unie gaan nog baie verswak. Ons volgende afrigters gaan regstellende aksies almal wees, want vodacom borg die politiek van die land.
Nog 2 rekords om te breek hierdie jaar:
1. verloor teen Sunwolwes op Loftus
2. die minste ondersteuners ooit by 'n superrugby wedstryd komende Saterdag.
Saterdag aand se game het ons net 'n gemiddelde skrummie of losskakel nodig gehad wat met ROLSKOPPIES die balle in die hoek sit, en dan groot druk op die Jaguars plaas. Maar nie een van die vier kan dit doen nie, en die afrigters kan dit ook nie afrig nie.
Wat jammer is, is dat ons dalk weer teen die Sunwolwes klomp driee gaan druk, en dan dink almal die dinge is weer reg.
Feit is, toe die bestuur 'n jong onervare afrigtingspan aangestel het, het hul klaar afstand gedoen van enige poging om weer 'n topunie te wees.
Ek herhaal weereens, Nollis en Gary en Anton is groot bulle, ek twyfel glad nie in hul passie en toewyding nie. Maar soos iemand reeds genoem het, dit maak nie van jou 'n goeie professionele top afrigter nie. Hulle moes die CB span afgerig het en ons moes 'n wereldberoemde afrigter ingebring het vir die superspan.
En nou het ek vandag gehoor Pollard se besering is verleng.
As ons CB en superspan nog mooi hardloop rugby gespeel het, kon mens hierdie swaarkry verdra het, maar daarvan is ook niks te sien nie.
Kry maar vir HM en Stonehouse om te hom help.
1) in die reen probeer jy nie uit jou kwarlyn of helfte hardloop nie
2) ongelukkig moet sulke weer baie geskop word, hoog en druk moet toegepas word, probeer die teenstanders tot foute dwing, nie sulke lang plat doellose skoppe soos Saterdag nie
3)wil nie spelers kritiseer nie maar 'n heelagter moet goed kan verdedig, vinnig wees,goeie besluitneming,goed en ver kan skop, ons s'n het nie hierdie kenmerke nie, jammer
4)spelers besluit nie op die veld hoe hulle gaan speel nie, so die geploeter kom van die afrigtingspan af, 'n bank vol voorspeler afrigters en nie een agterlyn afrigter wat al sy sout bewys het nie, om nie van 'n voorspeler adrigter te praat nie.
Jammer om te se, maar hierdie gemors is nie verby met FL weg nie,en die Bulle gaan dit ongelukkig by die kaartjue kantoor ontgeld
Jessie
Ismaiel
Swanepoel
OOdendal
Ulanga
Sp
Van Zyl
Botha
Bothma
Jenkins
Klopper Pumas
VaMerwe Merwe
Straus
Lizo
Reserwes
Schoeman
Visagie
Swanepoel
Kirsten
VanderWalt Pumas
Engelbrecht Tukkies skrumskael
Schoeman
Kriel.
M.a.w. die lig in die tonnel is nog baie ver, ek dink dis in elk geval dis 'n trein wat kom.
Mooi loop
Bulls should have appointed a director of Coaching first last year. The Company was pleased with Nollis during the CC. But they lacked long term planning and threw Nollis for the wolves with a half baked squad with 6 player debutants this season. We are deteriorating towards a poor side although I think it is fair to say we were in the top 3 of the SA conference at one stage. Three heavy defeats agains the Australians and the Lions at Loftus buried us psychologically.
Dis baie baie tragies wat tans by BBRU aan die gang is, maar wat kan ons daaraan doen? Geen verandering gaan in topbestuur plaasvind nie.
Wonder hoekom oudspelers so stil is?
Ten minste weet ons dat geskiedenis homself altyd herhaal, so ons sal weer eendag bo wees .
Dit gaan 'n groot verskil maak.