CARLTON Week 14 - Dragons klop Centurion, Polisie troef Impala
In die voorlaaste week van die Carlton A Liga Kompetisie se uitspeel-wedstryde, is weer twee belangrike wedstryde beslis. Dragons klop vir Centurion net-net 20-19 en Polisie wys sy staal en behaal ‘n goeie wen oor Impala van Rustenburg 26-17, skryf Johanna de Vos.
Alhoewel Centurion weg teen die Dragons in Pretoria Noord net-net verloor het, het hulle ‘n baie belangrike bonuspunt verdien met verloor binne sewe punte. Dit gee hulle ‘n voorsprong op die punteleer (33 liga-punte) bo Naka Bulle wat dan afskuif na vierde plek met 32 liga-punte.
Polisie het met sy indrukwekkende oorwinning en vier drieë teen Impala sommer ‘n groot sprong gemaak om tweede op die punteleer te eindig. Alhoewel Polisie en Centurion albei nou op 33 liga-punte is, is Polisie se punte-verskil baie gunstiger. Polisie het die afgelope vier weke ‘n merkwaardige verbetering getoon en het vier wenne as bewys.
Impala, Polisie, Centurion en Naka Bulle se liga-bepalings is nou afgehandel met twaalf wedstryde in twee rondtes. Nou wag net Harlequins (Woensdagaand) en Dragons (Saterdag) op Tuks by Tuks om almal sodoende hul bepalings af te handel. Dit behoort egter nie die 2016 USSA Kampioene slaaplose nagte te gee nie. Die UP studente het Maties 21-17 geklop vir die titel wat hulle verlede jaar ontwyk het.
Puntestand: Impala 36; Polisie 33; Centurion 33; Naka Bulle 32; Tuks 31; Dragons 31; Harlequins 6.
Puntemakers:
Dragons 20 (20). 2 Drieë. 2 Doelskoppe. 2 Strafskoppe. Puntemakers nie beskikbaar nie.
Centurion 19 (8). Drieë: Geandré van Schalkwyk, Curtley Brinkhuis. Strafskoppe: Gaybrin Smith (3).
Tweedes: Nie beskikbaar nie.
Derdes: Dragons 15-15 Centurion.
o21: Dragons 40-0 Centurion (By verstek)
o20: Dragons 36-0 Centurion.
Polisie 26 (21). Drieë: Hendrik van der Nest, Michael Nienaber, Johan Pieterse; Theuns Kruger. Doelskoppe: Dillon Laubscher (3).
Impala 17 (5). Drieë: Dumisani Matyeshane, Bruce Müller, Xolani Nkosi. Doelskop: Aubrey McDonald.
Tweedes: Polisie 47-33 Impala.
Derdes: Polisie 41-23.
o21: Polisie 35-10 Impala.
o20: Impala 35-10 Polisie.
Meeste Punte
149 Gaybrin Smith Centurion (3 Drieë; 19 Doelskoppe; 32 Strafskoppe)
81 Jean Grobler Naka Bulle (3 Drieë; 18 Doelskoppe; 10 Strafskoppe)
77 Cecil Dumond Impala (2 Drieë; 23 Doelskoppe; 7 Strafskoppe)
75 Marnus van Rensburg Dragons (11 Drieë; 4 Doelskoppe; 4 Strafskoppe)
Meeste Drieë
11 Marnus van Rensburg (Dragons)
8 Theuns Reynolds (Tuks)
8 Bruce Müller (Impala)
7 Justin Wheeler (Impala)
7 Curtley Brinkhuis (Centurion)
Bepalings (onderhewig aan verandering)
20 Julie Week 15 - UP-Tuks tn Harlequins (Woensdagaand).
23 Julie Week 16 - UP-Tuks tn Dragons (Saterdag).
30 Julie SEMI FINALE.
13 Aug. FINALE.
Spanne:
DRAGONS: Nie beskikbaar nie.
CENTURION: Gaybrin Smith, JP du Plessis, Christiaan Burger, Wilmar Keyter, Curtley Brinkhuis, Stanley Twiname, Jacques Olivier, Tristan Slabbert, Henco van der Walt,
Albert Bakker, Stefan Nel, Geandré van Schalkwyk, Cassie Bezuidenhout, Eugene Cunha, Paul Jacobs. Plaasvervangers: Cameron van Heerden, Nico van den Heever,
Juan Pike, Rohann Ströh, Bernard Vorster, Wessel Redelinghuys, Callie Barnard, Devin Grootboom. Afrigters Riaan Brand & Marius Scholtz. Spanbestuurder Danny Botha.
POLISIE: Ivan Venter, Theuns Kruger, Morné Hugo, Pieter Strydom, Mike Nienaber, Dillon Laubsher, Hendrik van der Nest, Louis van Biljon, Pieter Matthews, Ian van Deventer, Imille Keyser, Jerry Sefoko, Rayno Wasserman (k), Johan Pieterse, Tinus Hoffman. Plaasvervangers: Emwee Arlow, Boris v Jaarsveld, Marnus Coetzee, Corné Cooper, Vince Gwavu, Pieter Botha, Hendrik Pieterse. Afrigters Nico Luus & Hendrik van der Nest. Spanbestuurder Morné Fourie.
IMPALA: Xolani Nkosi, Morné Jooste, Dumisani Matashana, Justin St Jerry, Maverick van der Merwe, Francois van Biljon, Stephan Kruger, Leon du Plessis, Robbie Rawlins, Johan Engelbrecht, Marius Breytenbach, Toka Masitsa, Ivann Espag, Bruce Müller, Louis Hollanby. Plaasvervangers: Wian van Schalkwyk, Zander de Kock, Neels Smit, Wayne Strydom, Dewaldt Havenga, McDonald Duma, Aubrey McDonald. Afrigters Nico le Roux, Attie Strauss en Naas Olivier. Spanbestuurder Jan McLachlan.
Dankie tog ons skrummies het opgehou met boxkicks. hoop dit bly so.
Wat van SP op losskakel met Jessie op 15. Vir volgende seisoen het ons 2 goeie 15 met Jessie en Galant, maar kort backup vir Pollard op 10. As ons gaan aanhou met Maku en Visagie as Adriaan se volgers moet hulle speeltyd kry. Miskien met Maku begin en Adriaan op die bank.
Miskien ook 'n nuwe senter kombinasie met Dries en Dan. Sal maar wag vir die span aankondiging.
1) sal dit n slegte ding wees as ons volgende jaar n o/19 groep het van sowat 30-35 spelers (2 spelers vir elke posisie met 2 of 3 "wildcard" tipe spelers wat nie noodwendig dadelik ster spelers is nie, maar met die potensiaal om baie goeie spelers te word) inplaas van 50 spelers soos wat ons hierdie jaar het ? Want met minder spelers sal almal genoeg speelkans kry, almal sal meer wedstryd ervaring kan opbou en dit sal die afrigters ook die geleentheid gee om behoorlik al die spelers se sterk en swakpunte te evalueer en sodoende die spelers te kan ontwikkel.
2) sal mens jou spelers langer kan behou as jy meer plaaslike spelers kontrakteer bv. As 20 van jou 30-35 spelers vir die blou bulle craven week gespeel het of van pretoria en omliggende dele afkomstig is ? Want iemand wat van n ander provinsie af kom en baie betaal word sal net so maklik sy span kan inruil vir n ander span as die bedrag reg is. Ek verstaan dis n professionele era, maar ek dink net dat as n groot deel van jou spelers uit plaaslike spelers bestaan dan sal hulle dalk meer geneig wees om by hulle oorspronklike span te bly.
3) inplaas daarvan om soveel as moontlik ster spelers op craven week te kontrakteer, soek spelers wat eerstens by die wedstrydplan wat jy wil speel sal inpas, want n ster speler gaan jou nie baie help as sy speelstyl nie jou wedstrydplan komplimenteer nie (bv. Jan serfontein wat op skool briljante hardloop rugby gespeel het, maar wat by die bulle op n tyd net crash balls moes vat). Afrigters moet n baie groot aandeel he as dit kom by jong spelers kontrakteer, want hulle weet min of meer hoe hulle wil speel en watse tipe spelers hulle soek.
As ons weer ons junior spelers en strukture goed kan aanwend (insluitend junior afrigting) dan sal ons n paar van ons probleme kan oplos glo ek.