Centurion verras Polisie in Carlton Liga Semi-finale.

articles.comments (0)

Centurion verras Polisie in Carlton Liga Semi-finale.

Die Carlton A semi-finale is nou agter die rug en die tafel is figuurlik gedek vir die Carlton-finaal oor twee weke (13 Augustus) op Loftus se buite-velde B en C.

In die eerste semi-finaal Saterdag het Centurion verassend met Polisie afgereken vir ‘n oorwinning van 30-20. Weerskante was die skoppers se korrel uit – seker senuwees wat gepla het.

Centurion het 17 jaar gelede – 1999 – die enigste keer in sy bestaan die gesogde Carltonbeker verower. Dit was teen Pretoria wat intussen ophou bestaan het. Die eind-telling was toe 16-15 in ‘n naelbyt stryd. In sy semi destyds het hy Tuks met vyf drieë teen twee uitgeskakel 35-26.

In die tweede semi-finaal Saterdag het UP-Tuks maklik met Naka Bulle afgereken. Van die begin van die wedstryd was dit soos ‘n stoomroller wat alles voor hom plat gevee het. Halftyd telling 25-0. Die studente het agt drieë gedruk waarvan die plaasvervanger vleuel Riaan Britz twee gedruk het. Hul heelagter WJ Strydom het uitgeblink met ‘n driekuns en ook vyf doelskoppe oorgeskop. Bygesê hy is nie hul gereelde skopper nie.

Vanjaar gaan definitief nie so maklik vir Centurion wees om soos in 1999 vir Tuks te troef nie, dog enigiets is moontlik.
Hulle het teen Polisie gewys van watter staal hulle is. Hul skopper en die Carlton se top puntemasjien, Gaybrin Smith, moet net op sy stukke wees soos ons weet hy kan.

UP-Tuks het weekliks verbeter en is nou op ‘n hoogtepunt. Begin vanjaar met die Varsity-kompetisie het hulle gesukkel.
Eerste rondte van die Carlton het hulle gesukkel. Begin toe ewe skielik wedstryde wen en op die koop toe sommer USSA kampioene. Sowat van ‘n om-mekeer is lanklaas gesien.

Puntemakers:

Centurion 30 (12). Drieë: Curtley Brinkhuis, Callie Barnard, Juan Pike, Gaybrin Smith. Doelskoppe: Gaybrin Smith (2). Strafskop: Gaybrin Smith, Stanley Twiname.
Polisie 20 (3). Drieë: Pieter Matthews, Michael Nienaber, Jerry Sefoko. Doelskop: Morné Hugo, Strafskop: Dillon Laubscher.

Tuks 60 (25). Drieë: WJ Strydom (3), Riaan “Ghost” Britz (2), Willie Engelbrecht, Marius Oosthuizen, Jaco Snyman. Doelskoppe: WJ Strydom (5), Jacques Rossouw (2). Strafskoppe: Jacques Rossouw (2).
Naka Bulle 14 (0). Drieë: Alec Mhlanga, Lawrence Cleminson. Doelskoppe: Anton Beswick (2).

Uitslae van semi’s
Eerstes: Centurion 30-20 Polisie; Tuks 60-14 Naka Bulle.
Tweedes: Tuks Fezelas 16-15 Polisie; Dragons 41-27 Naka Bulle.
Derdes: Dragons 27-21 Tuks Pumas; Polisie 20-17 Quins.
o21:Dragons 25-19 Naka Bulle; Tuks jongspan 43-22 Polisie.
o20: Naka Bulle 22-10 Dragons; Tuks 20-19 Quins.

FINALE:
Eerstes: Centurion tn UP-Tuks
Tweedes: Tuks Fezelas tn Dragons
Derdes: Dragons tn Polisie
o21: Dragons tn Tuks Jongspan
o20: Naka Bulle tn Tuks

Polisie (nr 2) tn Centurion (nr3) 15h00 op Loftus B.

POLISIE: Ivan Venter, Theuns Kruger, Willie Odendaal, Pieter Strydom, Mike Nienaber, Dillon Laubsher, Hendrik van der Nest, Louis van Biljon, Pieter Matthews, Ian van Deventer, Imille Keyser, Divan Steenekamp, Rayno Wasserman (k), Johan Pieterse, Tinus Hoffman. Plaasvervangers: Emwee Arlow, Boris van Jaarsveld, Jerry Sefoko, Corné Cooper, Hendrik Pieterse, Morné Hugo, Pieter Botha, Rinus Moulder. Afrigters Nico Luus & Hendrik van der Nest. Spanbestuurder Morné Fourie.

CENTURION: Gaybrin Smith, JP du Plessis, Christiaan Burger, Callie Barnard, Curtley Brinkhuis, Stanley Twiname, Jacques Olivier (k), Tristan Slabbert, Bernard Vorster, Albert Bakker, Stefan Nel, Rohann Ströh, Juan Pike, Cameron van Heerden, Paul Jacobs. Plaasvervangers: Eugene Cunha, Nico van den Heever, Cassie Bezuidenhout, Geandré van Schalkwyk, Ryan Townsend, Divan Nel, Fanie Ntsala, Devin Grootboom. Afrigters Riaan Brand & Marius Scholtz. Spanbestuurder Danny Botha.

Tuks (nr1) tn Naka Bulle (nr4) 17h00 Loftus B.

TUKS: WJ Strydom, Max Calitz, Jacques Rossouw, Impi Visser, Damian van Wyk, Francois Tredoux, Jaco Snyman, Willie Engelbrecht, Gerrit Engelbrecht, Luke van der Smit, Marius Oosthuizen, Pieter Janse van Vuren, Johan Bannink, Theuns Reynolds, Justin Forwood. Plaasvervangers: Jan Enslin, Dirk Steyn, Morné Botha, Heinrich Viljoen, Heinrich Sander, Marais Schmidt, Riaan Britz, Jaco Holtzhauzen. Afrigters Chris Buitendach & Kobus Vorster. Spanbestuurder Morris Gilbert.

NAKA BULLE: Francois de Jonge, Robin Goliath, Dirk Dippenaar, Alec Mhlanga, Fanie Raseroka, Anton Beswick o/k, Donovan O’Grady, Jean-Pierre Alberts, Stephan Smith, Corné Ras, Juan van der Westhuizen, Adriaan Brits, Kyle Pieterse, Christoff Crail, Sylverster Booysen (k). Plaasvervangers: Lawrence Cleminson, Sibongile Njomba, Robert Boshoff, Ramiro Fernandez Alzogaray, Manny Raposo, Ayavuya Mavuso, Marcel Human, Gabriel Sipapate. Afrigters Kudu Oberholzer & Morné Human. Spanbestuurder Johann Riekert.

Pin It

Aug 04, 2016

(0) Centurion verras Polisie in Carlton Liga Semi-finale.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *