Centurion wen Carltonbeker

articles.comments (0)

Centurion wen Carltonbeker, eerste sege vir klub sedert 1999

Centurion is die Blou Bulls Rugbyunie se klubkampioenspan vir 2016. Die span het Naka Bulle 15-3 in die eindstryd van die Carltonbeker geklop om sy eerste titel sedert 1999 te verower, skryf Johanna de Vos.

Centurion het 17 jaar gelede gewen (1999) en was uit hul velle Saterdag met hul oorwinning.
Hulle was in die verlede amper elke jaar onder die eerste vier spanne vir die Carlton semi-finale, maar altyd ongelukkig om nie die finaal te haal nie. Dié klub is in 1971 gestig as Lyttelton Rugbyklub maar nog nie Carlton gespeel nie. In die begin 1990’s verander na Verwoerdburg Rugbyklub en was toe deel van die Carlton. 1994 verander hulle huil naam na Centurion Rugbyklub.

Die twee spanne het mekaar goed aangevat en ‘n baie aanskoulike vertoning gelewer. Die wedstryd is gewen met skoppe. Beide spanne het so goed verdedig daar daar geen deurkom kans was nie. Verskeie kere is albei spanne voor hul doelpale/doellyn deur fanatiese verdediging gekeer. Dan het hulle of die bal aangeslaan of die bal verloor.

Gaybrin Smith, van Centurion en ook voorste Carlton-puntemaker, het met vier van sy agt strafskoppe geslaag. Losskakel Stanley Twiname het met een van sy twee skepskoppe geslaag.

Naka Bulle het slegs een keer vroeg in die wedstryd pale toe geskop. Hul agtsteman Jean-Piere Alberts, nog verlede jaar op Oos Moot se skoolbanke gesit, het die skop waargeneem. Met hul ander strafskoppe het hulle die kantlyn opgesoek.

Puntemakers:

Centurion 15 (6). Strafskoppe: Gaybrin Smith (4). Skepskop: Stanley Twiname.
Naka Bulle 3 (3). Jean-Pierre Alberts.

Tweedes: Tuks-Fezelas 34 (20-10) 22 Dragons.
Derdes: Dragons 15-14 Polisie.
o/21: Tuks Jongspan 74-11 Dragons.
o/20: Tuks 27 (15-3) 22 Naka Bulle.

Meeste Punte vir 2016.
173 Gaybrin Smith Centurion (4 Drieë; 21 Doelskoppe; 37 Strafskoppe)
82 Emilio Duvenhage Dragons ( 14 Doelskoppe; 16 Strafskoppe; 2 Skepskoppe)
81 Jean Grobler Naka Bulle (3 Drieë; 18 Doelskoppe; 10 Strafskoppe)
77 Cecil Dumond Impala (2 Drieë; 23 Doelskoppe; 7 Strafskoppe)
75 Marnus van Rensburg Dragons (11 Drieë; 4 Doelskoppe; 4 Strafskoppe)

Meeste Drieë vir 2016.
11 Marnus van Rensburg (Dragons)
11 Theuns Reynolds (Tuks)
8 Bruce Müller (Impala)
8 Curtley Brinkhuis (Centurion)
8 WJ Strydom (Tuks)
7 Justin Wheeler (Impala)
7 Damian van Wyk (Tuks)

Spanne

CENTURION: Gaybrin Smith, JP du Plessis, Christiaan Burger, Callie Barnard, Curtley Brinkhuis, Stanley Twiname, Jacques Olivier (k), Tristan Slabbert, Bernard Vorster, Albert Bakker, Stefan Nel, Rohann Ströh, Juan Pike, Eugene Cunha, Paul Jacobs. Plaasvervangers: Cameron van Heerden, Diaan Donson, Cassie Bezuidenhout, Henco van der Walt, Ryan Townsend, Rendo Rust, Wilmar Keyter, Devin Grootboom. Afrigters Riaan Brand & Marius Scholtz. Spanbestuurder Danny Botha.

NAKA BULLE: Francois de Jonge, Robin Goliath, Alec Mhlanga, Anton Beswick o/k, Dirk Dippenaar, Jean Grobler, Manny Raposo, Jean-Pierre Alberts, Stephan Smith, Sibongile Njomba, Juan van der Westhuizen, Adriaan Brits, Lawrence Cleminson, Christoff Crail, Sylverster Booysen (k). Plaasvervangers: Kyle Pieterse, Robert Boshoff, Corné Ras, Marcel Human, Ayavuya Mavuso, Ignick Windvogel, Fanie Raseroka, Gabriel Sipapate. Afrigters Kudu Oberholzer & Morné Human. Spanbestuurder Johann Riekert.

CARLTON B LIGA:

Eerstes: TUT 58-20 Noordelikes.
Tweedes: TUT 25-18 Korrektiewe Dienste.
Saterdag 20 Augustus Finale:
Eerstes: TUT tn Korrektiewe Dienste.
Tweedes: TUT tn Brits.
Derdes: Silver Valke tn Cullinan.

Pin It

Aug 14, 2016

(0) Centurion wen Carltonbeker

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *