TUT wen B-liga in Carlton

articles.comments (4)

TUT wen B-liga in Carlton na taai stryd met Korrektiewe Dienste

TUT het die Carlton B-liga beker Saterdag teen kwaai teenstand van Korrektiewe Dienste teen die einde van die wedstryd gewen, skryf Johanna de Vos. Hulle was gelyk met 18 elk en dit het gelyk na ekstra tyd. Dog ‘n strafskop naby die pale het die oorwinning (21-18) aan ‘n uitgelate TUT span besorg.

TUT het verlede jaar nog in die Carlton A-liga gespeel, maar weens omstandighede buite sy beheer moes afgradeer. Om te kwalifiseer om in die A-liga te speel moet ‘n klub vyf spanne kan inskryf. (1stes, 2des, 3des o21 en o20). Ook moet ‘n klub hul finansieël kan dra.

Ongelukkig om diesefde rede het Silver Valke van Silverton ‘n paar jaar gelede en ook Korrektiewe Dienste en Brits ‘n tydjie terug afgegradeer. Klubs sukkel om vyf spanne vol te maak.

Brits 2 het sy wedstryd gewen teen TUT 2 (35-16) en Silver Valke 3 het Cullinan 3 maklik oorrompel (28-7).

In die C-liga het Hartbeespoort “Harties” beide sy wedstryde gewen. Die 1stes het Bronkhorstspruit “Bronkies” ‘n pak slae gegee (22-3), en die 2des vir Transnet Parke “Parke” reg teen die einde verby gegaan. Parke het al amper sy oorwinning geproe (18-17) toe Harties gaan druk het. Doelskop was mis, maar het nie eintlik saak gemaak nie.

B Liga
Eerstes: TUT 21 (8-5) 18 K/D.
Tweedes: Brits 35 (20-7) 16 TUT.
Derdes: Silver Valke 28-7 Cullinan.

C Liga
Eerstes: Hartbeespoort 22 (10-3) 3 Bronkhorstspruit.
Tweedes: Hartbeespoort 22 (14-10) 18 Transnet Parke.

Pin It

Aug 23, 2016

(4) TUT wen B-liga in Carlton

  1. gravatar Vis says:
    Rian ek het jou al voorheen gese jy is nie 'n match vir my nie.

    Ek steek jou ponypail aan die brand dan klap jy jouself dood.
  2. gravatar wayne says:
    Viskop,

    Hou op nonsens praat en aanvaar die man se uitnodiging en daag op daar by Loftus. Nog beter. Kyk of jy in shape is en join die manne vir oefensessie.

    Iemand sal wel na die tyd hier post wat die uiteinde was van jou besoekie daarso by Loftus Versveld.

    Wayne
  3. gravatar VIS says:
    Sterkte Bulle, ons weet julle kan. Gaan gaffel daai sharkies
  4. gravatar Rian Malan says:
    Wayne ,Piskop(Vis) is tebang,hy skuil net agter sy mond waar niemand hom kan sien nie.Ek klap hom met my pinkie om die mofgat.Die Bulle kan die een vat teen Sharks as hulle net regspeel.Wayne,as jy vir Vis sien ,sien jy net tril en ore

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *