Carltonbeker Finale

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Carltonbeker Finale Saterdag op Loftus se B en C velde gespeel.
In die hoofwedstryd van vanjaar se Carltonbeker pak Centurion en Naka Bulle mekaar in wat ‘n baie goeie tweestryd behoort te wees, skryf Johanna de Vos.In hul vorige twee kragmetings vanjaar in die uitspeel rondtes het Centurion op sy tuisveld net-net die pyp gerook met 25-23, en Naka Bulle het in hul wedstryd tuis weggehardloop met 34-0. Saterdag op neutrale grond gaan dit ‘n heel ander storie wees.
Centurion kon slegs in 1999 die gesogde Carltonbeker wen, maar Naka Bulle tot dusver nie. Naka Bulle het wel vanjaar die Lucas Strachanskild verower na die eerste rondte.
UP-Tuks sou oorspronklik in die finaal teen Centurion speel, maar die BBRU het die studenteklub op tegniese gronde deelname aan die eindstryd ontsê.Dit nadat Tuks sy semi teen Naka Bulle 60-14 gewen het.
Ingevolge die Carltonreëls moet alle spelers ten minste 3 wedstryde vir hul klub gespeel het om in ‘n semi of finaal te speel. Ook is daar ‘n afsny-punt vir registrasie van nuwe spelers.
Program vir Finale te Loftus B & C.
Loftus C:13:00 Dragons 3 tn Polisie 3. 15:00 Tuks-Fezelas tn Dragons 2.17:00 o/20 Tuks tn Naka Bulle o/20.
Loftus B:13:00 o/21 Tuks Jongspan tn Dragons o/21.15:00 o/20 Limpopo tn o/20 Griekwas.17:00 Centurion 1 tn Naka Bulle 1.
WENNERS & HUL TEENSTANDERS: 1979 UP-Tuks 7, Polisie 7 1980 Polisie 25, UP-Tuks 22 1981 Weermag 16, UP-Tuks 0 1982 UP-Tuks 15, Harlequins 9 1983 UP-Tuks 22, Pretoria 12 1984 UP-Tuks 14, Harlequins 12 1985 UP-Tuks 9, Harlequins 6 1986 Weermag 26, UP-Tuks 24 1987 UP-Tuks 15, Polisie 15 1988 UP-Tuks 20, Pretoria 18 1989 Pretoria 18, Weermag 12 1990 Pretoria 24, Polisie 18 1991 Polisie 15, NKP 12 1992 NKP 21, Harlequins 51993 Korrektiewe Dienste 26, Polisie 9 1994 Polisie 16, NKP 11 1995 Polisie 40, Korrektiewe Dienste 231996 Polisie 29, NKP 9 1997 Polisie 24, Pretoria 11 (JUNIE)1998 Pretoria (Geen finaal. Meeste liga-punte) (JUNIE) 1999 Centurion 16, Pretoria 15 (JUNIE)2000 Technikon 26, Tuks 212001 Korrektiewe Dienste 18, Tuks 162002 UP-Tuks 46, Technikon 312003 Technikon wen by verstek teen UP-Tuks. 2004 TUT 35, UP-Tuks 272005 TUT (Geen finaal. Meeste liga-punte). 2006 Polisie 23, TUT 202007 UP-Tuks 27, Polisie 162008 UP-Tuks 38, TUT 182009 Polisie 31, UP-Tuks 282010 UP-Tuks 49, Polisie 232011 UP-Tuks 48, Polisie 162012 Polisie 27, UP-Tuks 232013 UP-Tuks 43, Oostelike Eagles 142014 UP-Tuks 35, Polisie 132015 UP-Tuks 44, Polisie 15

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Share This