Pollard in three month Japan move

Pollard in three month Japan move
The Blue Bulls Company (Pty) Ltd on Tuesday confirmed that flyhalf Handré Pollard has been given permission to join a Japanese club for a three month spell at the end of the year. 
Pollard will join the club in November 2015 and will return to Loftus Versfeld at the end of January 2016, in good time for the 2016 Vodacom Super Rugby season that starts in mid-February.
“Handré is contracted to the Bulls till the end of 2017 and we are already in talks, with assistance from SARU, to extend that to 2019,” said BBC High Performance Manager, Xander Janse van Rensburg.
“Handre had a clause in his contract to go to Japan and we are happy to release him for that. In the end, it will give us more leeway to keep Handré at the Vodacom Bulls for an extended period.”
Pollard Japan toe vir drie maande
Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk het Dinsdag bevestig dat losskakel Handré Pollard goedkeuring ontvang het om vir drie maande vir ‘n Japanese klub te gaan uitdraf. Pollard sal in November daar aanmeld en weer einde Januarie na Loftus Versfeld terugkeer vir die 2016 Vodacom Super Rugby seisoen, wat ‘n maand later begin.
“Handré is nog tot einde 2017 by ons gekontrakteer en ons is reeds besig, met behulp van SARU, om dit tot 2019 te verleng,” het die BBM se Hoë Prestasiebestuurder, Xander Janse van Rensburg, bevestig.”Hy het nog heeltyd ‘n Japan-opsie in sy kontrak gehad en as dit beteken dat ons hom sodoende langer by die Bulls kan hou en die voordeel uit ‘n moontlike verlengde kontrak kan trek, gaan ons beslis nie in sy pad staan om daardie opsie uit te oefen nie,” sê Janse van Rensburg.

Leave a comment