Tuks looi Harlequins in Carlton

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Tuks looi Harlequins in Carlton, Week 15 – 20 Julie 2016.
Woensdagaand se wedstryd was ‘n slagting van ‘n ander aard 85-10. Die meeste drieë (13) en punte nog vanjaar gedruk en aangeteken deur ‘n Carltonspan. Tuks het Harlequins op hul herrie gegee en die punte en minute in hierdie kragmeting het amper saam geloop, skryf Johanna de Vos.
Reg aan die begin was die telling 7-5 vir Tuks, en het dit goed gelyk vir Quins, maar die studente het daarna alles voor hulle plat geloop en die drieë ingeryg. Die Blokkies-truie het nooit gaan lê of opgegee nie, maar teen so ‘n geoliede span het hulle nie ‘n kat se kans gehad nie.
Tog so jammer ‘n goeie vertoning is versuur deur ‘n onderonsie sekondes voor die eindfluitjie sou blaas. Twee rooi-kaarte vir Tuks en twee rooi-kaarte vir Harlequins was die gevolg.
Tuks 85 (45-5) 10 Harlequins.TUKS: Drieë: WJ Strydom (2), Marais Schmidt (2), Damian van Wyk (2), Theuns Reynolds (2), Francois Tredoux, David Pieterse, Willie Engelbrecht (50ste wedstryd), Gerrit Engelbrecht, Vian Riekert. Doelskoppe: Marcel Steyn Scholtz (5), Marais Schmidt (5).HARLEQUINS: Drieë: Divan Labuschagne, Johan Grobler.
Tweedes: Tuks Fezelas 87 (61-5) 5 Harlequins.Derdes: Tuks Pumas 33-19 Harlequins.o21: Tuks Jongspan 74-0 Harlequins.o20: Tuks 22-15 Harlequins.
TUKS: WJ Strydom, David Pieterse, Marcel Steyn Scholtz, Marais Schmidt, Damian van Wyk, Francois Tredoux, Jaco Snyman, Willie Engelbrecht, Gerrit Engelbrecht, Marius Oosthuizen, Pieter Griesel (k), Pieter Janse van Vuren, Johan Bannink, Jan Enslin, Dirk Steyn. Plaasvervangers: Theuns Reynolds, Gavin van den Berg, Morné Botha, Buzwe Mpoluto, Heinrich Sander, Tian Nel, Vian Riekert, Jaco Holtzhauzen.Afrigters Chris Buitendach & Kobus Vorster. Spanbestuurder Morris Gilbert.
HARLEQUINS: Quinten Roberts, Flippie Volschenk, Johan Grobler, Kyran Odendaal, CJ de Villiers, Christo de Jager, William Parker, JP Nel, Jan-Hendrik Bosman (k), André Potgieter, Wiets Botes, Gunter Geyer, Riaan Wilbers, Divan Labuschagne, Pieter Killian.Plaasvervangers: Ruan Ernst, Eugene Beukes, SW Odendaal, Paul Walters, Duval Smith, Karabo Moloku, Marcel Erwee, Tiaan Hurter. Afrigters Gert Mulder, Luddas van Deventer & Fanie Nortjé. Spanbestuurder Kobie van der Merwe.
CARLTON Week 16 23 Julie 2016.
Die Carlton-kompetisie nader nou vinnig sy einde met al die uitspeel-wedstryde afgehandel en die semi-finale wat Saterdag op Loftus Versfeld wag.
UP-Tuks het Saterdag met sy tweede oorwinning die afgelope week, dié keer met die Dragons, afgereken 47-12. Met sy ses drieë teen geen het hulle die drake verslaan. Daar is geen twyfel dat die studente nou op hul hoogtepunt is nie. Vir die Dragons is dit ‘n pluimpie dat hulle as nuweling in Liga A vanjaar so goed gevaar het om so naby aan die Carlton semi-finale te kon kom - slegs ‘n paar liga-punte gekort.
Met hul laaste doelskop het Dragons se Tweedes seker gemaak van ‘n bonus-punt vir verloor binne sewe punte, in hul wedstryd teen Fezelas (46-39), om daarmee eerste op hul punteleer te eindig.
Tuks eindig nou heel bo-aan die punteleer met 41 liga-punte. Het agt van sy twaalf wedstryde gewen wat die meeste is. Meeste punte van almal versamel (424) met die grootste punte verskil (203). Ook die meeste drieë gedruk (57) en die minste afgestaan (19).Om te dink dis dieselfde span wat begin vanjaar so gesukkel het om aan die gang te kom. In weke 4, 5 en 6 het hulle heel onder aan die punteleer geëindig. Toe hulle eers hul rigting vind, was daar geen keer meer nie.
Finale puntestand;Tuks 41; (Impala 36); Polisie 33; Centurion 33; Naka Bulle 32; Dragons 31; Harlequins 6.(Volgens die reëls is Promosie/Relegasie tans nie moontlik nie omdat Liga A uit minder as agt spanne bestaan).
30 July 2016: Semi-Finals Carlton A
11:30 Naka Bulls u/20 vs Dragons u/2013:00 Tuks 2 vs Police 2 Dragons u/21 vs Naka Bulls u/21 Dragons 3 vs Tuks 315:00 Police 1 vs Centurion 1 Dragons 2 vs Naka Bulls 2 Tuks u/20 vs Quins u/2017:00 Tuks 1 vs Naka Bulls 1 Tuks u/21 vs Police u/21 Quins 3 vs Police 3
Puntemakers:
Tuks 47 (22). Drieë: Vian Riekert (2), Justin Forwood, WJ Strydom, Theuns Reynolds, Jan Enslin. Doelskoppe: Marais Schmidt (4). Strafskoppe: Marais Schmidt (3).DRAGONS: Strafskoppe: Emilio Duvenhage (3). Skepskop: Emilio Duvenhage.Dragon 12 (12).
Tweedes: Tuks Fezelas 46 (22-10) 39 Dragons.Derdes: Tuks Pumas 20-19 Dragons.o21: Tuks Jongspan 54-3 Dragons.o20: Tuks 20-3 Dragons.
Finale puntestand: Tuks 41; Impala 36; Polisie 33; Centurion 33; Naka Bulle 32; Dragons 31; Harlequis 6.(Impala uitgesluit van Carltonbeker semi’s en finale).
Meeste Punte
149 Gaybrin Smith Centurion (3 Drieë; 19 Doelskoppe; 32 Strafskoppe)81 Jean Grobler Naka Bulle (3 Drieë; 18 Doelskoppe; 10 Strafskoppe)77 Cecil Dumond Impala (2 Drieë; 23 Doelskoppe; 7 Strafskoppe)75 Marnus van Rensburg Dragons (11 Drieë; 4 Doelskoppe; 4 Strafskoppe)72 Emilio Duvenhage Dragons ( 12 Doelskoppe; 14 Strafskoppe; 2 Skepskoppe) Meeste Drieë11 Marnus van Rensburg (Dragons)11 Theuns Reynolds (Tuks)8 Bruce Müller (Impala)7 Justin Wheeler (Impala)7 Curtley Brinkhuis (Centurion)7 Damian van Wyk (Tuks)
Spanne: TUKS: WJ Strydom, David Pieterse, Vian Riekert, Marais Schmidt, Damian van Wyk, Francois Tredoux, Jaco Snyman, Willie Engelbrecht, Gerrit Engelbrecht, Marius Oosthuizen, Pieter Griesel (k), Pieter Janse van Vuren, Jaco Holtzhauzen Theuns Reynolds, Justin Forwood. Plaasvervangers: Jan Enslin, Dirk Steyn, Morné Botha, Heinrich Viljoen, Heinrich Sander, Tian Nel, Max Calitz, Johan Bannink. Afrigters Chris Buitendach & Kobus Vorster. Spanbestuurder Morris Gilbert.
DRAGONS: Emilio Duvenhage, Brandt de Klerk, Dirco Smuts, Edwin Oliver, Wildon Marsh, Marnus van Rensburg, Cor Rautenbach, Robey Leibrandt, Reynhardt Schutte, Luan Richardson, Francois Schoeman, Gary Bredenhann, Franswa Schutte, Banie Boonzaaier, Jaco Coetzee. Plaasvervangers: Leon Mentz, Quintis Janse van Vuuren, Patrick Mathe, Hennig van Wyk, Nico Smuts, Adriaan Oosthuizen, Visscher Strydom, Anke Bam. Afrigters Johan du Toit & Rouan Cloete. Spanbestuurder Johan Vosloo.
 

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Leave a comment

Pin It on Pinterest

Share This